Paul se smorgasbord
.
Hier is die smorgasbord
van Paul se denke –
alhoewel dit gedeeltelik georganiseer is,
kan jy jou verlustig
in die diffuse oorvloed daarvan:
kettingsae eet met sadistiese erotiek
in die wit dye van bome in;
’n pous in die veertiende eeu
dikteer ’n bul om sy mag uit te brei,
vertellende homself dat dit ’n hemelse taak is;
Pablo teken met driftige seksualiteit
die aggressiewe buitelyne van ’n bul;
en die Pablo wat eers Basoalto was,
gee geboorte aan poësie
soos ’n spilpunt sproeier,
om die dig geslote gange van die syn
oop te beur.
.
’n Digter skep gewone woorde
uit sy taal
en pers dit in ’n kaasdoek
al hoe digter, hopend
om iets eetbaars daaruit te kry.
.
Familietale fluister langs mekaar:
die Spaanse tomate
is tamatie in Afrikaans,
en Afrikaans se sleng-woord boytjie
is pojken, seun, in Sweeds.
.
Daar is ’n plan onderliggend aan alles,
’n plan wat niemand ken nie;
waar is die beplanningskantoor,
is daar regtig een?
.
Ek het net begin geniet
van Paul se smorgasbord,
en nou is ek klaar versadig,
maar net vir ’n ruk.
Die mens is nooit versadig nie.