Duidelik sigbaar

Anderkant die gordyn. Grafika: DWV

Duidelik sigbaar

.

Tussen die fynproewer

van die alledaagse

en die deurmekaar, gewelddadige

anderkant,

is ’n gordyn.

.

Half deursigtig.

.

Die fynproewer sien ’n figuur

loop anderkant

die half-deursigtige gordyn.

’n Vrou, miskien ’n man.

’n Jong persoon, dalk middeljarig.

’n Vrou wat partykeer

amper oorweldig is

deur die warm son van haar lewe,

stap met haar hond,

haar vriend

wat haar nog nooit verwyt het nie.

.

Die fynproewer is van haar geskei

deur ’n gordyn,

half deursigtig.

Deur min te sien,

kan hy beter sien.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a comment