Gelaai met betekenis

Oopgan van begrip. Grafika: DWV

Gelaai met betekenis

(Die wit in die poësie*)

.

In die boonste laai

blaaie papier

op mekaar –

daar was woorde op

wat deur die sugtende nagte

afgesak het

na die onderste laai.

.

Laag op laag

lê die woorde

in die laai,

donker soos koffiemoer.

.

Die laai word oopgetrek,

iemand skraap

van die woorde af,

ligte stof.

.

Stof sak

langsamerhand lank,

sak dit neer

op wit papier.

.

Woorde wat deur smart

uitgeasem is,

staan nou vreugdelik

in feesgewaad

op die wit

wat elkeen op die skouers dra

juigend

na die stadige oopgaan

na die leser

se begrip.

  • Geggus, R. 1961

Die wit in die poësie.

Amsterdam: Uitgeverij Heinis N.V.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a comment