
Uit: Arbol Adentro
Octavio Paz
Regreso
Bajo mis ojos te extendías,
país de dunas –ocres, claras.
Terugkoms
Onder my oë sprei jy uit,
duineland – oker, helder.
Die wind, op soek na water, het opgehou,
land van fonteine en hartslae.
Jy is so wyd soos die nag,
en pas in die holte van my hand.
Later die roerlose afstorting
heeltemal binne en buite onsself.
Ek het die donkerte met my oë geëet,
die water van die tyd gedrink, die nag gedrink.
Toe vole k die liggaam van ‘n sort musiek
hoor dit met my vingerpunte.
Donker bote bymekaar
vasgemeer in die skadu,
ons liggame wat lê.
Ons siele, losgelaat,
drywende lampe,
op die water van die nag.
Uiteindelik het jy jou oë oopgemaak.
Jy het jouself gesien, gesien deur my oë
en deur my gesien het jy jouself gesien:
soos ‘n vrug op die gras,
soos ‘n klip in ‘n poel,
het jy in jouself geval.
In my het ‘n gety opgestu
en met ‘n ontasbare vuis het ek gehamer
op die deur van jou ooglede:
my dood, wat jou wou ontmoet
my dood wat homself wou ontmoet.
Ek is begrawe in jou staring.
Deur die vlaktes van die nag het ons liggame
gevloei: hulle is tyd wat homself beëindig,
‘n teenwoordigheid wat verdwyn in ‘n omhelsing;
maar hule is oneindig en om hulle aan te raak
is soos om te bad in riviere van hartslae,
ons kom terug na die ewigdurende begin.
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter©