Ons word geskryf

Grafika: M.C. Escher

Ons word geskryf

.

Uit die papier

kom die son op.

Voëls trek asems in

en begin roep na mekaar.

Mense sit regop

en begin hulle bewussyne verstel

tot die eng noodsaaklikhede

van die daaglikse bestaan,

weg uit die wye vlaktes

en oerwoude van hulle drome.

.

Uit die papier

kom die warmte van vriendelike woorde,

die patrone en ongesegde dissiplines

an beplande lewens,

die klanke van gedwonge saamlewing.

.

Die papier draai en wring

tot ’n Möbuis-strook

waarop almal wat leef en beef,

loop, kruip, vlieg, swem en seil

na die einde

wat die begin is.

Bron: Wikipedia

The Möbius strip or Möbius band (UK/ˈmɜːbiəs/US/ˈmoʊ-, ˈmeɪ-/; German: [ˈmøːbi̯ʊs]), also spelled Mobius or Moebius, is a surface with only one side (when embedded in three-dimensional Euclidean space) and only one boundary. The Möbius strip has the mathematical property of being unorientable. It can be realized as a ruled surface. Its discovery is attributed to the German mathematicians August Ferdinand Möbius and Johann Benedict Listing in 1858,[1][2][3] though a structure similar to the Möbius strip can be seen in Roman mosaics dated circa 200–250 AD.[4][5]