Mense kan nie vlieg nie

7a50a85ad19838e3523e67c5cedd1fe3

Troupant. Loracias caudatus

Mense kan nie vlieg nie

.

Hy wip die takkies binne,

blink rond,

ligpuntjies in sy oë, die waterfiskaal.

Hy gee sy melodie

se paar vreugdenote,

koel uit ’n fontein

van musiek.

Dit is sy kommentaar

op wat ek en jy

besig is om te doen.

.

Wat maak ons dan met die veld?

Ons trek strepe

van stad tot dorp,

dorp tot stad tot stad,

waarop niks groei nie.

In die somerdag

bewe die lig op die pad.

.

Langsaan in ’n vlamboom

sit ’n troupant

en kyk

hoe swiep die masjiene

verby op die dooie teer.

.

Julle mense,

dink die troupant.

Gelukkig kan julle

lywe nog nie vlieg nie.