Uitkoms

Die walvis wat hy as. Grafika: DWV

Uitkoms

.

Vroeg in die oggend

begin mense stap uit die lae branders

van die nag se slaap.

.

Agter hulle

die eindelose, onbewuste see.

.

Iemand gaan staan stil

en dink

aan die walvis wat hy was

en wat hy gesê het

aan die swemmende priesters 

om hom in hulle wit gewade.

Hy wil onthou

wat hy gesê het,

maar die spore daarvan

vervaag vinnig in die sand.

.

Hy stap weer aan

vorentoe op die droë strand

van die helder, warm oggend.

.

Net dit onthou hy:

Elkeen van julle skep ’n wêreld.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s