Ontmoeting. Grafika: DWV

Ontmoeting

.

Vat die lepel

en doop dit in die lewe.

Lig op

en kyk wat jy het.

.

Jou agterkleinkinders,

nog nie gebore nie,

kyk op na jou.

Jy herken jouself vaagweg

in hulle.

.

Maar hulle is baie ander mense

as jy.

Watter taal praat hulle?

Jy herken net party

van die woorde wat hulle sê.

.

Maar jy is nietemin

een van hulle voorouers

en jy het ’n bietjie reg

om hulle te vertel wat jy dink.

.

Moenie ander lewe

seermaak nie, kinders,

as julle dit kan verhoed nie.

.

Julle beweeg

deur julle lewens

in ’n oneindig groot

oop sirkel

en op ’n plek

op ’n sekere tyd

sal julle my ontmoet

van aangesig tot aangesig.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s