Ingestolp. Foto: DWV

Ingestolp

.

Dit is ’n stolp

van asem

oor alles

waarin ons leef.

.

Ek kan nie

die wande sien nie

en dit ook nie voel nie.

.

Hier binne is ons,

asem mekaar se woorde in,

neem dit op

in ons are

maak dit deel van ons lewens.

.

Waar is die wande 

van die stolp?

As daar iemand buite is,

kan ek hom nie hoor nie,

hoor ek nie haar woorde nie.

.

In die nag

in my slaap

werk ek daaraan –

’n plan om uit die stolp te kom.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s