Meisie

Meisie. Grafika: DWV

Meisie

.

Sy voel klein

in die kletterende geluide van menings,

die geruis van ego’s van mense

waarin sy voel

sy dryf

op ’n tingerige boot

sonder roeispaan.

.

Kyk mense na haar?

.

Sy beskerm haar teenwoordigheid

met haar hande

teen haar bors.

.

Dit kan niemand wegvat nie,

niemand kan dit ontken nie.

.

Al hoe duideliker

sien sy die boom

op die strand,

skeef in die sleuring van die wind,

maar sterk

onvernietigbaar gewortel

in die wete wat rede nie nodig het nie.

.

Dit is sy.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s