Swart kat

Swart kat. Grafika: DWV

Swart kat

In die nag

wanneer tyd opgelos het

in ligloosheid,

loop die swart kat

sonder geluid

af in die straat

verby toe deure

en gedagtelose tuine.

.

Sy weet 

waarheen sy gaan

en sy doen dit

met slanke doelbewustheid.

.

Waar die straat kruis

met ’n ander een

gaan staan die swart kat

en kyk om haar rond.

.

Die straatlig

drup aanhoudend ou, vergeelde lig

op die dooie straat neer.

.

Iets het beweeg

agter die tuinmuur.

’n Oorgehaalde sprong

bring die swart kat

op die tuinmuur.

.

Sy is donkerte teen donkerte.

Dan nie meer daar nie.

.

Niemand weet

wat doen

die swart kat nie.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s