Swaartekrag

Swaartekrag. Grafika: DWV

Swaartekrag

.

Donsig lig

draai die aarde met ons,

waai al om die son.

.

Wat alles weeg

weet ek nie.

Daar is nie ’n skaal

groot genoeg nie.

Daar is ook niks

waarmee ek my dink

kan weeg nie.

Hoe swaar dit is, weet ek nie.

.

En dan weet ek ook nie

wat swaar is nie.

Is dit wanneer dinge

na mekaar getrek word

en moeilik weer kan wegkom?

.

Donsig lig

dink ek deur die ronde rollende sekondes

van die dag,

dink ek los van reëls en raad;

maar ek is swaar

hier waar ek hande hou

van geliefdes.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s