Lin Ho en Lucretius

Lin Ho

Bepeinsinge van Lin Ho “Die swerwende monnik”

1915 – 800 v.C.

Bak hande hou water

maar kan nie bid nie

.

Beeste dink min aan Boeddha,

miskien gladnie

.

Huil die wind?

Nee, dis jy

.

Vandag is die see onrustig,

’n maag met te veel ryk kos

.

Wolke vorm oor en oor,

dieselfde vorms maar altyd anders

.

’n Oomblik van geluk –

weg soos ’n suikerbekkie

.

My sandale stap al lank saam met my,

soms kan ou vriende nie meer verder saam nie

Lucretius, De Rerum Natura, Boek I. reëls 127-31

Nou moet ons mooi kyk na dinge in die ruimte,

volgens watter beginsels die son en maan wentel,

en al die dinge op die aarde met hulle beherende kragte.

En dan moet onas veral skerp gaan dink

wat die siel nou eintlik is en wat sy aard is.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a comment