Geneesde wonde

q

Geneesde wonde. Grafika: DWV

Geneesde wonde

.

Dit moet ’n stormwind gewees het

wat die tak uit die boom

geskeur het.

Nou, baie lank daarna

is die wond toegegroei,

feitlik nie meer sigbaar nie.

.

Die seun wou die wors optel

en terugsit op die rooster,

maar toe klap die onderwyser

hom deur die gesig,

gedink hy wou die wors steel.

.

Toe hy haar wou soen,

het sy terug gesoen

maar hom toe vertel

dat sy verloof gaan raak

aan Jan.

.

Na al die jare in sy kantoor,

roep die voorsitter hom in

en vertel hom in ’n paar sinne

dat hy voortaan

nie meer daar werk nie.

.

Hulle het gesê

die manuskrip sal nie teruggestuur word nie.

Hulle het nie,

en ook niks laat weet nie.

.

Die boom se wortels

is diep, ver die donkerte in,

vanwaar dit water bring

en voeding  vir sy hoogste blare

wat aangroei in die son,

nuut soos ’n pasgeborene

wat die kleure en klanke en geure van die lewe

vir die eerste keer beleef met pyn

en die vreugde

van die moederbors.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s