Skuilte

Ek vul tydelik ‘n niks. Grafika: DWV

Skuilte

In ligte laaie 

is die son vandag.

Die dag brand 

in woord en daad 

en in elke mens se saad.

Ek is vuur en vlam

in hierdie dag;

binne my brand 

stowwe tot gedagtes:

posduiwe wat stroom uit 

hulle hokke 

op pad met boodskappe 

na ander hokke.

My gemoed 

is voëlvry verklaar;

ander maak daarop jag 

sodat ek moet skuil 

tussen die yslike trillende vorms 

van woorde soos deursigtige kremetartbome.

Wat is dié?

’n Holte.

Nou skuil ek 

en vul tydelik 

’n niks.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s