Insig van die viroloog

Kouse van analitiese denke

Insig van die viroloog

.

Voor enigiets anders

het die viroloog

sy kouse van analitiese denke

aangetrek.

Daarsonder

sou hy net rondplons

in die primoridiale sop

van ongevormde gedagtes.

.

In sy kouse

het hy badkamer toe gestap

en met elke tree

gedink oor die virus se venynige lyfie.

.

Hy het sy gesig

met koue water gewas

en in sy geestesoog

die skurwe dop van die dingetjie bekyk.

.

Terug kamer toe

om skoene aan te trek.

Sy tone en kouse

het ’n subtiele gesprek

begin voer

tot by die laboratorium.

.

Daar het die viroloog

met ’n glimlag

besef

presies watter sout

jy op die klein pes

se stert kan gooi.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s