Sonder en met

Groen olifant

Sonder en met

.

Sonder bril

staan die groen olifante

buite en fluister in mekaar se ore.

Klein Middeleeuse ridders

skeer verby,

lig soos lig

ten spyte van hulle ysterpantserklere.

.

’n Sopraan op een olifant se rug

sing treffend

iets uit ’n Mozart-opera

op drie note.

.

Vandag hang die see hoog

bokant ons koppe

en druis

met die gedempte ongeduld

van ver verkeer.

.

Met my bril

staan die bome buite

byna stil.

Hier en daar roer ’n takkie

onder die wip van ’n houtkapper,

die sprong van ’n kakelaar.

’n Fiskaal sing drie 

treffende note.

.

Hoe lê die een wêreld

in die holte van die ander.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s