Los

Los

.

In die loop van die dag

hou die filosoof

die gedagte

los in sy hande.

’n Janfrederik

wat af en toe woel

om los te kom,

sy snawel oopsper, 

maar dan weer stil word.

.

Hou losweg vas,

weet die filosoof,

anders kan jy

die klein lewe dooddruk.

.

In sy hande

losweg vasgehou –

die gedagte se oranje borsie

pols met oorvloedige,

maar onbekende lewe.

.

Ek kan jou nie peil nie,

sê die filosoof 

en maak sy hande oop.

.

Net vir ’n oomblik

bly die voël sit

en die filosoof begin verstaan.

Dan, in ’n sekonde wat verskiet,

is hy weg, op in die lug.

.

Die filosooof kyk sonder woorde

na sy leë hande.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s