Dieselde wolke bly nooit dieselfde nie

Dieselfde wolke. Foto: DWV

Dieselfde wolke bly nooit dieselfde nie

.

In die boom

se skaduwee sit ons

op die gras

en kyk na die reisende wolke.

.

Ek kan nie jou gedagtes sien nie,

en jy sien nie myne nie.

Joune, dink ek, kan daardie wolk wees –

daardie rondings aan die voorkant

kan wees

wat jy dink

van wat ek gister gesê het.

.

Daar verander dit –

dink jy dan nou anders?

Kyk hoe rek dit uit aan een punt,

dink jy dan nou

vinnig êrens heen?

.

O, die res kom by,

jou gedagtes is nou weer

almal bymekaar.

.

As ek jou vra wat jy dink,

sal jy my kan sê,

of sal jy net opkyk

na daardie stadig walsende wolke?

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s