Wordende naak

Wordende naak

met apologie aan NP van Wyk Louw

.

Wanneer jy staan

in die stort

is jy

sonder beskawing, afgestroop

al jou kennis, met geen

charisma en gesag.

.

Jy is ongebore

en onbekend met die wêreld.

Warmte omhul jou behaaglik

en jy dink nie

veel nie.

Jou verstand luier.

.

Maar dan draai jy die krane toe

en koue

gryp jou in nat arms.

Jy moet die wêreld in –

onderklere oor jou naaktheid,

klere oor jou onderklere.

.

Gedagtes stroom

in volle vloed.

.

Naak kan jy nie

jou lewe lei nie.

Author: kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s