Gevul

Foto: DWV

Gevul

.

Min lig

kom deur die blinding.

Dit het min te sê

oor die wêreld buite.

Mens weet nie

wat daar in die volle lig gebeur nie.

.

Daar kan dansers wees

wat geluidloos beweeg

op die stuwing van onverklaarbare golwe

uit die ruimtes van die heelal

om ons gekrul.

.

Veronderstel daar is dansers,

manlikes en vroulikes –

hoe lank sal hulle kan aanhou?

.

Ek kan die blinding ooptrek

en kyk

of daar wel dansers is.

.

Indien nie,

wat vul dan die wenende leegte

buite my ooglede?

.

Dalk is daardie niks

gevul met niks.

Gevul dus,

met alles.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s