
Dwars belewe
.
Krabbelende lyne
van genetika
het die simmetriese soma
van die krap geteken.
.
Ek knyp klein stukkies
van hierdie alles dwars om my af
en sit dit in my mond.
.
Dit is nie alles soet nie,
maar dié wat biiter is
moet ek verduur.
.
En uit elke dag
wat groei uit die stomme nag
knyp ek af wat ek kan.