Brief huis toe

Foto: DWV

Brief huis toe

.

Ek het huis toe

geskryf

met die duif

se koel stem.

.

Waar ons aan

die tafel sit

en na die draadloos luister.

.

In die brief

het ek gevra

of julle nog daar is.

.

Julle moet daar wees,

het ek geskryf,

want ek kan dan hoor

wat julle praat.

.

Moeder se stem,

die rivier wat deur alles vloei,

waarin ek swem,

vandag nog swem

in die rivier

wat see toe vloei.

.

Ek het huis toe geskryf

en ek weet

julle lees my brief,

daar by die tafel

waar ons sit en luister

na die draadloos.

.

Nou voorspel die man

met die mooi stem

die weer:

Mooi, maar bewolk elders

met reën

.

Ek is elders.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s