
Blommetjie gedenk aan my
.
Mens wonder
wat alles gaan
deur die kop
van die haan.
.
Moontlik hoe
simbole van osse
hoofletter A geword het,
of hoe geweldig baie basisse
daar in die menslike genoom is,
en hoe hulle dit regkry
om almal saam te werk.
.
Dalk dink hy
aan sy,
daardie vreugdelik sagte vlying
onder jou vingers,
eintlik bedoel
om veilige hawens te bied
vir sywurms wat motte word.
.
Moeilik om te sê
waaraan hy dink,
selfs moeilik om te sê
waaraan jy dink.
.
Ek dink
jy dink
ek dink aan jou.
.
Moontlik,
maar ons moet dalk
ons toevlug neem,
as ons die heelal wil verstaan,
tot volksliedjies:
Blommetjie gedenk aan my.
…
Blommetjie gedenk aan my
Anton Goosen
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein-Karoo
…
So lank as die rietjie in die water lê
So lank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my
En ek vat haar aan haar handjie,
lei haar om die randjie,
blommetjie gedenk aan my!
Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my.
En ek vat haar om haar nekkie,
soen haar op haar bekkie,
blommetjie gedenk aan my!
Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê.
Solank as die rietjie in die water lê,
blommetjie gedenk aan my.