Idille

Idille: Fotografika: DWV

Idille

.

Wit eende skuif

oor die ligvlak van die water,

wikkel hulle sterte

en bemes die diepte

onder hulle.

.

Paddas stuur pragtige gebede

aanhoudend boontoe,

paar met onbeteuelde ywer

in die lou water.

.

’n Helderflitsende naaldekoker

dans ’n flamenco

oor die wolkweerkaatste vlak,

tik met haar eierleier

hier en daar

’n eier in die water.

.

’n Swyende vis

stoot geluidloos vorentoe,

sluk lewende paddavissies in.

.

Bokant, op ’n dooie tak,

hurk die visvanger met gevoude vlerke,

bereken instinktief

die afstand

na die vis

wie se einde naby is.

.

’n Man stap op die wal,

sy gedagtes

dampend om hom

soos wasem in die koue.

.

Hy loop om die dam

en voel geen einde aan nie,

weet dat hy nog nie

die beginpunt

van die sirkel raakgetrap het nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s