
Oud inwoner van die verlede
.
Val die valk
of vlieg hy?
Loop die water
of syg dit weg?
Is dit ’n pistoolskoot
of ’n hond se blaf?
Is ek jonk
of is ek oud?
.
Catullus is nie oud nie.
ons lees nou sy gedigte,
Chaucer leef nog lekker,
sy stories voer ons mee.
.
Eugène Marais praat sag
diep in ons are
oor ’n rvier se stille vloei.
.
Tranströmer wys ons
oor die stil, koue sneeuvlakte
hoe die trein, klein,
warm lewe in hom troetel.
.
Hout groei uit sade,
word nooit oud nie,
daar is altyd nuwe sade.