
Catulli Carmina – Eerste eeu v.C.
IIb. p 20
… tam gratum est mihi quam ferunt puellae
pernici aureolum fuisse malum,
quod zonam soluit diu ligatam.
Gedigte van Catullus
… net so bly soos die meisies, sê hulle,
was ek toe ek sien die gespe van die goue appel
hou haar maagdegordel te lank styf toe.
Uit Latyn vertaal deur DWV
…
Henrik Nordbrandt. (1945 -)
SØLVSPÆNDET
Junibrisen presser en tynd kjole
ind mod kroppen af den pige, som har den på
og står under en lille solparasol
i en robåd.
Die silwer knip
Die Juniebriesie stoot ’n dun rok
teen die lyf van die meise wat dit dra
en wat onder ’n sambreeltjies staan
in ’n roeiboot.
Die rok is wit en word bymekaargehou
met ’n silwer knip teen haar linkerbors.
Die see is melkerig blou.
Op die strand is daar mense in gestreepte swemklere,
strandhutte en roomyskeëltjies.
Aangesien dit ek is, die skrywer hiervan, wat roei,
lyk dit vir hulle daar anderkant of die meisie alleen is in die boot
en vorentoe gedryf word
met behulp van een of ander passiewe mag
terwyl die silwer knip verhoed dat die wit rok wegvlieg.
Uit Deens vertaal deur DWV
Wikipedia
Henrik Nordbrandt is ‘n Deense digter, romanskrywer en essayis. Hy maak sy literêre debuut in 1966 met die digbundel Digte. Hy is in 2000 met die Nordic Council’s Literature Prize bekroon vir die poësieversameling ‘Drømmebroer. Geboortedatum: 21 Maart 1945. Geboorteplek: Frederiksberg, Denemarke