Munisipaliteit van die hemel

Munisipaliteit van die hemel. Foto: DWV

Munisipaliteit van die hemel

.

Wolke se lang bene

loop uit in dun tone

wat stadig rondstap

in my tuin.

.

Kyk op teen die bene,

kyk of jy die knieë kan sien.

Nee,

maar die wolke se boude

is duidelik.

Wit en mollig

ry hulle op die gewillige wind,

partykeer boontoe,

dan word hulle yl-geweefde sy-hemde en bloese

van delikate yskristalle.

.

Hier in die tuin

loop ek

versigtig

om nie op die wolke se tone te trap nie;

donderweer

kan elektries woedend word

en my brein in poeding verander.

.

Al kan ek net hulle boude sien,

en hier in my tuin

versigtig trap

tussen hulle tone,

is ek tog dankbaar vir wolke,

die munisipale amptenare

van die hemel.

Soms doen hulle

hulle werk heeltemal goed.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s