Om bome te verstaan

Vae stemme. Grafika: DWV

Om bome te verstaan

.

Vae stemme

syg uit die mure.

Die taal wat hulle praat

is nie bekend nie,

hulle woorde

kan nie uitgemaak word nie,

maar hulle klink dringend.

.

Dit klink asof hulle,

soos alle tale,

klinkers gebruik, 

miskien ook medeklinkers,

maar in die vae stemme

kan mens nie medeklinkers hoor nie.

.

Tog kan mens naastenby verstaan

wat hulle sê:

Ons leef nou, leef geruime tyd al,

ons is geelhoutbome

wat staan asof ons nog altyd hier was,

maar natuurlik het ons begin

as sade, ontkiem, boompies geword 

en nou staan ons asof ons ewig is.

Maar ons is nie.

.

Hier staan ons

en gee julle ons boodskappe –

in vae stemme

wat julle nie verstaan nie.

Dit is nie vreemd nie.

Is daar enigiets

wat julle werklik verstaan?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s