Vyand

Vyand. Fotograqfika: DWV

Vyand

.

My vyand

is daardie pen

wat lê en wag

op die wit papier.

Hy wil uit my dinge wring

waarvan ek nie weet nie.

.

Daar lê hy,

sy skerp, blink snoet

uitdagend,

sy lang dierelyf vol ink,

ongevormde ikor

waarmee ek iets moet laat deurskemer

in die rustige mis

van ondenke.

.

Vyand wat my uitdaag:

Sien ky kans vir my?

Ek daag jou, vat my.

.

Dan doen ek dit,

woedend van onderdrukte onmag.

.

Nou is ons handgemeen,

die pen en ek.

Ek dwing hom

om te praat:

.

Die lug het die kleur van gebed,

fyn druppels

raak aan my vel

as boodskappe van die onmeetlike.

Om my my en wyd oor die land

wandel ’n koel lug,

die asem van ’n Wese.

Ek groet.

Ave.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s