Lewende statistiek

Neanderthal burial illustration

Lewende statistiek

.

Klein paddatjies spring

en worstel deur die gras,

gister gebore

net nadat hulle

nog vissies was.

.

Elkeen wil ’n lewe lei,

hulle volle groei kry,

volwasse word,

kinders kry.

.

In die straat

swart kolletjies

wat eers lewens was,

platgery.

.

Dié wat oorbly

sorg dat daar weer

paddas gaan wees.

.

Skuiwende gletsers en sneeu

se koue dwing hulle

by grotte in.

Swartsiektes trek hulle plat,

onbegrawe in hulle huise,

kanonkoeëls, masjiengewere

laat hulle bloei in die modder,

gifgasse maak die kampe leeg.

.

Maar ons het meer geword,

en word meer.

Vlae plae trek oor ons

en ons spuit terug met vaksines.

.

Ons spring

en worstel deur die lewe,

kyk net vinnig

na die platgetraptes om ons.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s