Om den denke

Denne

Om den denke

.

Denne staan stil,

een agter die ander,

een voor die ander.

.

Hier hang die lig

in adagio-stemming,

die kleur van Renaissance-satyn.

.

Daar sou ’n rustige dreuning

van ’n Bach-orrelnoot

gewees het,

as dit daar was.

.

Iets het gefladder,

hoog, maar mens kan dit nie sien nie.

.

My voetstappe

word ingesluk

deur die dik mat dooie naalde

onder my voete.

.

Hier dink ek

oor die ongesiene blou oë

van die somerlug

op die Hoëveld.

.

Die bome kyk na my.

Nee, ek voel nie treurig nie,

net jammer

ek kan nie gesels

met hulle

wat in ons soort lewe

ophou lewe het.

.

Daardie suisdreuning in die denne;

ek herken tog hulle stemme,

ons gesels.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s