Verskeie diere

Slingeraap

Verskeie diere

.

Grasieus swaai die slingeraap,

wandelend in die lug

van tak tot tak

met die grootste gemak.

.

Snuiwend verken die rooijakkals

die wye reukwêreld om hom,

die ryk landskap

van geure.

.

Stadig sak die walvis

na die donker onderwater

waar sy voeding is,

in voeling met sy metgeselle

met die lang golwe

van sy waterstem.

.

Byna onsigbaar hoog

sien die witkruisarend

die dassie knus in die son.

Terwyl sy vlerke toevou,

gaan sy kloue oop

om diep in die warm vleis te slaan.

.

Blitsig loer die muis

en skiet oor die vloer,

feitlik te vinnig om te sien.

Hy glip deur die gleuf

van die koskasdeur,

ruik en duik bo

by die meelpak in.

Hy verlustig hom,

ongesien, ongehoor.

.

Sy vingers

dartel lig oor die toetse

en die skerm reageer:

beelde verskyn, verdwyn,

woorde duik op, syfers,

verdwyn, word vervang.

Hy sien sy denke

op die skerm.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s