Pas verskyn

Hierdie bundel het pas verskyn. Dit is te kry by Protea Boekwinkels o.a.

Uit: Geheime op die pad (1958) Hemligheter på vägen

Svenska hus ensligt belägna

Tomas Tranströmer

Ett virrvarr av svarta granar och rykande månstrålar

Afgesonderde Sweedse huise

‘n Wirwar van swart spardenne en smeulende maanstrale.
Hier onder lê die kleinhoewe en dit lyk leweloos.

Tot die oggend-dou murmel
en ‘n ou man sy venster
– met bewende hand – oopmaak en ‘n uil uitlaat.

En in ‘n ander rigting
staan ‘n nuwe gebou en stoom met die wasgoed-skoenlapper fladderend op die hoek.

In die middel van ‘n sterwende woud waar die vermolming
deur ‘n bril van sap
die bedrywigheid van houtboorders lees.

Somer met vlasblonde reën of ‘n enkele donderwolk bokant ‘n hond wat blaf. Saad skop in die aarde.

Oproerige stemme, gesigte vlieg in telefoondrade
op verkrimpte vinnige vlerke oor die vleiland myle.

Die huis op ‘n eiland in die rivier
broei op sy klipfondament. Aanhoudende rook – iemand verbrand die woud se geheime papiere.

Die reën wentel in die lug.
Die lig slinger in die rivier. Huise op die hoogte hou toesig oor die waterval se wit osse.

Herfs met ‘n swerm spreeus wat die dagbreek skaakmat. Mense beweeg styf
in die lamplig se teater.

Laat hulle geen vrees ken nie die gekamoefleerde vleuels van God se energie opgekrul in die donker.

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s