Is paddastoele belangrik

Paddastoel

Is paddastoele belangrik?

.

Paddastoele is nie stoele

vir paddas nie,

en word deftiger benoem as sampioene.

.

Hulle elegante vorms

bestaan uit diggeweefde hifes,

dun groeidraadjies

wat die steel vul,

die kop bo

uitbou soos ’n lewende sambreel

met die rye behangsels

onderaan soos sagte wit viskiewe.

.

Alles om die spore

te ontwikkel aan daardie

kunstige behangsels.

.

Spore vir nuwe liggame.

.

Hoe verskil dit van menswees?

.

Hier loop ons en beduie

van oggend tot aand,

beduie vir mekaar

en hoop dit is beduidend.

.

En hoop ons kan spore laat

in die dinkpatrone

van dié wat opkom

uit die humus

van ons tuimelende tyd.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s