Quixote kry ‘n amanuensis

Don Quixote. Pablo Picasso (Verwerk)

Quixote kry ’n amanuensis

(Prosagedig)

.

Hy het nou ’n uur gery en klim dus stywerig af van sy perd wat moet suip en ’n ruk rus. Die meul se yslike vleuels val in die rondte met die sugtende geluid van teleurstelling in die fris wind. Hy loer by die meul in. Dit is halfdonker daar binne en dit vat ’n rukkie voor hy goed kan sien. Die meulenaar en sy dogter is besig om ’n sak koring in die kaar te voer.

Goeiedag, sê hy. Die ander twee kyk op. Die meulenaar knik, sy dogter glimlag.

Ek is op soek na ’n amanuensis, sê hy.

Die meulenaar se dogter vee haar hande af aan haar voorskoot en stap nader.

Goed, sê sy. Kom ons begin.

Hulle gaan sit by ’n tafel langs die meul en sy hou ’n pen en stapel skoon papier gereed.

Hy begin dikteer: Die reus het die pragtige meisie gevange gehou. Hy het gelyk soos ’n reusemeul met draaiende arms. Die meisie skryf dit neer en lag liggies.

Wat is jou naam? vra hy.

Dulcinea, antwoord sy.

Ek sal jou red van sleurwerk in die meul, sê hy. Skryf: Sy het lang, syagtige hare gehad en haar oë was so onvoorspelbaar soos somerweer. 

Sy glimlag terwyl sy skryf.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s