Gesprek tussen walvisse

Gesprek tussen walvisse. Grafika: DWV

Gesprek tussen walvisse

.

Hier in die diep donkerblou

hoor ek jou.

Ver.

’n Nag ver.

Maar ek hoor jou.

Jou woorde kom

een-vir-een in my kop.

.

Dit is wat ek self sou sê

as ek jy was.

Maar ek sou dit anders sê.

Donker is nie sonder lig nie;

lig wat skaars is

laat jou verstaan

hoe besonder baie dit werd is.

.

En ek sou sê

dat jy nie weet jy swem

daarin nie,

want swem is deel van jou.

.

En as jy vir my sê

jy weet wie jy is,

sal ek vir jou sê

jy weet nie wat weet is nie.

.

Jou woorde kom in my kop

deur die blou

wat eintlik swart is;

elke woord dra

iets wat waar is –

’n korreltjie sout

opgelos

in die Groot Water.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s