Vlieglesse vir verveeldes

Ce n’est pas un crayon. De Waal Venter

Vlieglesse vir verveeldes

.

Vandag se eenselwigheid

en vervelige gewoonheid

maak die jong vlieginstrukteur

ietwat bedruk.

.

Hy sit en kyk

na die potlood op sy lessenaar

maar sien dit nie regtig nie.

Hy roer sy rug teen sy stoel se leuning

om gemakliker te sit.

Die potlood is besig om te oefen

om ’n aminosuur na te boots.

Dit verander in ’n ketting atome

wat op ’n spesifieke manier aan mekaar vassit.

.

Die jong instrukteur sug

en vat ’n hap

uit sy appel.

Stoom styg stadig op

uit die bytplek in die appel.

Die selfoon lui

en die instrukteur antwoord.

Ek kom, sê hy, nou effens opgekikker.

.

Hy vat nog ’n laaste byt uit sy appel

wat nou sis soos ’n steak op die kole.

Dan staan hy op

en vlieg weg

deur die venster.

Renée Magritte

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s