Tyd van die vroue

Tyd van die vroue

.

Sy staan en kyk

tussen die bome deur,

regop, amper roerloos.

’n Effense luggie

speel met ’n paar

van haar lang hare.

.

Dit is nie die eerste keer nie.

Een keer was sy ’n godin.

Sy het twee krygers

tussen die bome dopgehou,

hoe hulle veg

met hulle kort steekswaarde.

Uiteindelik het een sy swaard

diep in die ander een se bors gesteek,

Hy het in sy makker se arms gesterf.

.

Op ’n ander keer

het sy ’n rykversierde rok

en juwele aangehad.

Tussen die bome 

het twee poltieke filosowe

hewig geargumenteer.

Uiteindelik het een sy arms

in die lug gegooi en weggeloop.

Die ander een

het die President van die Republiek geword.

.

Sy staan byna roerloos

en kyk na die bome.

Sy hou haar kamera met telefotolens

gereed in haar hande.

Tussen die bome loop twee mans

stadig en praat.

Die een in die pak klere

wil ’n myn hier in die reservaat

in werking stel.

Sonlig flits af van die kameralens.

Die een in die veldklere

beduie om hom na die veld,

die rooibokke dieper in onder die bome,

die lug waar ’n aasvoël

draaiend sweef soos ’n spikkel roet

na ’n veldbrand.

.

Nou weet sy,

nou is die tyd

dat sy tussen die manne moet kom.

Sy begin loop

tussen die langgras deur.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s