Tuinvurkie

Inferno Voragine 1480 – 1495. Sandro Botticelli

Tuinvurkie

.

Ek is ’n tuinvurkie

wat doen wat ek moet, so goed ek kan.

.

Maar dit definieer

nie my hele wese nie.

.

Ek skep groot behae daarin

om die grond te breek, voor te berei.

.

Maar my drie tande het elkeen

ook ‘n ander, eie, funksie.

.

Een steek die wesenheid van die alles in,

die tweede priem atoom-partikels uitmekaar,

die derde dring stadig die mens se donker denke in.

.

Voorheen in die land van die twintigste eeu

het een tand verlangend ingeloer in die hemel,

die tweede tand het aardse wetenskap beoefen,

die derde het die hel van die psige ingedring.

.

Ek is ’n vurkie

in die tuin van vreugdes,

sterftes en geboortes

van nuwe wêrelde.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s