Kraaie is nie wit nie

Wit kraai. Mirko Talignani

Kraaie is nie wit nie

.

Ek het besoek gekry

van wit kraaie.

Moeilik om te sê

hoeveel.

Hulle het gekom

en gegaan.

Een het gesê:

Pik op ’n gedagte.

.

Syn is onverganklik

soos ’n geen, het ek gesê.

Net vir ’n paar miljoen jaar,

het ’n ander een, met ’n seer been, gesê,

en weggevlieg.

.

Pik jy dan op een,

het ek vir die een gesê

wat eenkant geland het.

.

Pyn rym nie met Syn nie,

het dié een geantwoord.

.

Volgorde is die oënskynlike lym

van rede, het ek aangebied.

Net as jy rasioneel dink,

sê die heel eerste wit kraai.

Hoe anders?

wil ek weet.

.

As jy deur die moeras wil kom,

en jy kan nie vlieg nie,

kan jy nie reguit loop nie,

sê ’n wit kraai wat nader gewip het.

Jy moet spring

van een vastrapplek na die ander,

partykeer agteruit

verduidelik die heel eerste wit kraai.

.

En as jy anderkant kom? vra ek.

Dis jou probleem, antwoord twee kraaie krakerig gelyk.

Hulle lag krassend.

.

Hoekom is julle wit? wil ek weet.

Kraaie is mos swart.

.

Presies, antwoord die heel eerste kraai

en stap rumatiekerig weg.

.

Ek probeer uitwerk wat presies is.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s