Stillewe: wit mot in leë saal

Leë saal

Stillewe: wit mot in leë saal

.

Dit is ’n leë saal;

hy trek teue asem in

deur die oop deure.

Die vloer rimpel

soos ’n perd se vel

wat ’n vlieg afskud

om te herstel van al die voete

wat argeloos daaroor geloop 

en daarop gestaan het.

.

Geraamde foto’s van vorige burgemeesters

vanaf vyf dekades gelede

tot die huidige

hang teen die een muur.

Hulle is doodstil,

gevangenes in die hoë-sekuriteit tronk

van die tyd.

.

Iemand skakel die ligte af,

weer aan.

.

’n Klein wit mot

skrik wakker onder ’n stoel.

Hy fladder op in die lug

in die rigting van die binnekring-videokamera.

.

Net die mot doen iets,

die saal wag vir die onvermydelike

herbevolking van transito-siele.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s