Op vandag se toonhoogte

Toonhoogte. Fotografika: DWV

Op vandag se toonhoogte

.

Op hierdie toonhoogte

kan ek afkyk

op die oopgetrapte landskap daar onder.

Grasse lê plat,

bome is afgekap.

Huise staan

ongemaklik langs mekaar.

.

Dit alles onder my voete.

.

Dit is ’n vreemde toonaard

waaruit ek wonder

of ek ’n melodie kan kry.

.

Miskien moet ek net sing

teen die wind in.

Ek met woorde

waarvan die fondamente gemaak is

van sêgoed in daardie vergete Indo-Germaans

wat die verre voorouers

van my met mekaar gepraat het..

.

En die wind?

Die wind sing soos altyd:

van wat is, wat was en sal wees,

van die reën wat hy sal bring

selfs wanneer jy nie meer hier is nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s