‘n Tortel is tog reg

Die son is 'n warm kli copy

Die son is ‘n warm klip. Grafika: DWV

’n Tortel is tog reg

.

’n Tortel is tog reg,

ja ’n tortel is tog reg,

sê die tortel.

.

Die son is ’n warm klip,

hy sal lekker sit

as jy op hom kan sit,

as hy eers opwaai

daar anderkant die rant.

.

As die nag baie donker word

en die koue

sy vingers tussen jou vere invroetel,

word die water hard,

te hard om te drink.

.

’n Tortel is tog reg.

.

Maar as dit weer lig word

en jy kan die boom se takke

weer sien roer,

word die water sag

tot jy dit kan drink.

.

’n Tortel is tog reg.

.

Wanneer sal ons weer

kleintjies kry?

Ons wag nou maar

tot die vyeboom

weer groen begin bloei

tot die vroue

stokkies begin soek

om op te tel

en ’n plek te bou

om lank in te sit.

.

’n Tortel is tog reg,

’n tortel is tog reg –

die son is ’n warm klip

en wanneer hy so warm word

dat jy begin dink

hy gaan nooit weer weg nie,

begin die kleintjies grootword

en jou bene styf.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s