Langsame spoed

IMG_4308

Klok. Foto: DWV

Langsame spoed

.

Terwyl ek loop,

bons die lui klank

van die klok langsaam

af van die woonkompleks se muur.

.

In die kerk hierbo

sypel mense binne

en begin soek na reddende gesange

in hulle boekies.

.

Alles gebeur met verdrag.

In die hoofstraat

jaag ’n motor teen lae spoed;

die doppler agter hom laat ’n gelerige streep,

die geloei van ’n voluier koei.

.

In die kerk

word die mense mettertyd ingelig

dat, wat hulle siele noem,

gevoed word

met ’n vergeestelike brokkie brood.

.

Elkeen voel die sekondes

wegstraal agter hulle,

vaarwater vir altyd verlore.

.

In die boot

waarin hulle langsaam voortsnel,

kyk hulle na mekaar,

sien gesigte wat wissel

en flikker, lig tussen vyeblare.

.

Voor stoot die boeg

’n welling

wat stadig onveranderd bly.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s