Twee Nul Twee Nul

CD35E577-1329-4C36-8414-8DEA6392A0CD-59733-00000FD1C59F0216

Nul. Fotografika: DWV

Twee Nul Twee Nul

.

Dit neem twee

om die nul reg om te rol

sodat die oop kant

boontoe wys.

.

Kom ons begin daar.

.

As jy teen hom klop,

kom jy dadelik agter

die nul is hol.

Loer bo in

en jy sien daar is niks in nie.

.

Die twee daar by die nul

gaan sit plat op hulle boude

langs die nul.

Ons verwag van hulle

om iets te doen met die nul.

Hulle kyk na mekaar

om te sien

of daar ’n antwoord is.

.

Dalk kan ons druiwe daarin pars,

meen die een.

Die ander een knik stadig:

Maar dan moet ons druiwe hê.

.

Een klop met sy kneukels

teen die nul.

Dit klink hol

soos ’n dowwe klok.

.

Daar moet iets in wees,

sê die een.

Hoekom? vra die ander een.

Niks kan niks wees nie, kan dit?

Ja, antwoord die een,

as niks niks is nie is dit iets,

en as daar iets in die nul is,

is dit nie leeg nie.

.

Die ander een kyk na die een

met ’n wrang glimlag:

Jy is ’n optimis.

Die een dink ’n rukkie daaroor

met geligte wenkbrue en sê dan:

Goed, maar daar is iets in die nul,

en ek gaan iets daarmee doen.

Wat? vra die ander een met ’n siniese glimlag.

.

Die ander een staan op,

en steek sy hand in die nul.

Hy trek dit terug

en op sy hand sit ’n by.

.

’n By is altyd bly,

sê hy,

want waar sy is

is alles by.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s