Skoenlapper

Skoenlapper copy

Skoenlapper. Foto: DWV

 

Skoenlapper

.

Dit is al laterig

in die middag

terwyl hy begin werk

aan sy vyfde paar skoene.

Albei skoene het gate op die tone

en moet gelap word.

Hy kyk op as hy hoor

hoe ’n perdekar, hoog gelaai met hooi,

in die straat af rammel en kraak.

Hy hoor stemme.

“Is het meidjie al terug van de slager?” roep hy.

“ja, hier komt ze,” antwoord sy vrou.

.

Hy sny ’n stukkie leer

om die gat op die skoen

toe te maak.

Dan hou hy dit in sy vingers

en kyk daarna.

Dit lyk amper soos iets

met twee vlerke, dink hy.

.

As jy kan vlieg,

mymer hy, en hou die lappie leer teen die lig.

Waarheen sou jy vlieg?

Na die hemel? Is daar nektar?

Wat kan daar geniet word

op die harde goue strate?

Die gesang van engele?

Maar dit kan ook vervelig raak, uiteindelik.

.

Vlieg eerder na die somerdae,

die blomme van distels

weggedoke in die gras,

suig aan hulle geel tepels

en voed jouself.

.

Vlieg en fladder

lou lewe vol soetigheid,

en as jy dan tot ’n einde kom,

laat die sarkofaag van jou papie na,

waaruit die jong skoenlappers

in die lente

weer die vreugde

van hulle moeders en vaders

fladderend kan syn.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s