Halfmens

Elephant's Trunk (Pachypodium namaquanum) [Afrikaans: halfmens]

Elephant’s Trunk (Pachypodium namaquanum) [Afrikaans: halfmens]

Halfmens

.

Met die begin

van sy bewussyn

in die oggend,

gaan sy gedagtegang qaan die loop,

maar dan raak dit verknoop.

.

Eers was dit so duidelik

wat ’n mens is,

en nou

kan hy skaars onderskei

tussen mens en halfmens.

.

Hulle selle doen naastenby

dieselfde dinge –

omskep sappe organiese molekules

in ander om die vesels te bou

van die halfmens

en die mens.

.

Die halfmens weet

hoe om stil te wees

en rustig uit te tuur

or die Namakwaland se kaal bruin ribbes.

.

Die mens kan dit

nie lank regkry nie.

Hy flikker soos ’n torretjie

om die plekkie waar hy bly.

.

Hy los sy spoortjies

in die sand

wat die tyd wegvee

voor hy nog kan omdraai.

.

Die halfmens sien homself nie so nie.

Hy gee homself ’n ander naam.

My naam is ek,

dink hy.

En ek is ek

solank ek dink.

 

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s