César Vallejo se versugting

Naeltjies. Foto: DWV

César Vallejo se versugting

.

Naeltjies, die geurige spykers

wat my maaltyd

stewig aanmekaar timmer,

julle troetel ek

in die botteltjie,

julle vaartuie

uit die woude van die Molukke,

deur die bruin hande

van plukkers, die breinlose prosesse

van robotfabrieke, die vuurspoënde reis

deur die beleërde atmosfeer,

die staning op die winkelrak.

.

Watter magiese krag

is daar in julle skraal lywe?

Wie het dit daar ingelaai?

Is dit deur die gebede

van die Imams?

Of is dit hoe pyn smaak,

die pyn van net duskant voleindiging,

van die doeleinde voor jou sien

en moet sterf,

hier voor

jou afsluiting?

.

Jou verlange, jou pyn

van onvervulde drang,

onvolvoerde lewe,

dié voer ons

na die hoogtes

van verrukking –

arme digter.

DESPEDIDA RECORDANDO UN ADIÓS

César Vallejo

Al cabo, al fin, por último,

tomo, volví y acábome y os gimo,

Vaarwel wat ’n totsiens onthou

.

Ten einde laaste, uiteindelik

het ek omgedraai, terug gekom en verskraal en by jou gekreun, jou

die sleutel gegee, my sombrero, hierdie brief aan almal.

Aan die einde van sleutel is die metaal waarin ons geleer het

om goud te ontguld, en aan die einde

van my sombrero, hierdie arme, sleg gekamde brein,

en, ’n laaste glas rook, in sy dramatiese rol,

lê hierdie praktiese droom van die siel.

.

Totsiens, broeder sint petrusse,

heraklitusse, erasmusse, espinosas!

Totsiens, verwarde goewerneurs!

Totsiens, wyn in water soos wyn!

Totsiens, alkohol in wyn!

.

Totsiens ook, sê ek vir myself,

totsiens, formele vlug van milligramme!

Totsiens ook, op dieselfde manier,

koue van koue en koue van hitte!

Einde ten laaste die logika,

die grense van vuur,

die vaarwel wat daardie totsiens onthou.

Cesar Vallejo

César Vallejo Biography

Born on March 16, 1892, César Abraham Vallejo grew up in Santiago de Chuco, an isolated town in north central Peru. Vallejo’s grandmothers were Chimu Indians and both of his grandfathers, by a strange coincidence, were Spanish Catholic priests. He was the youngest of eleven children and grew up in a home saturated with religious devotion.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s