Inwyding van die hedendag

Die bul

Inwyding van die hedendag

.

Bulkend staan die bul

en kyk oor die trop:

stewige osse, lenige verse, spelende kalwers,

koeie im uier, tollies, parmantige jong bulle.

.

Hy hou op om te bulk.

Die trop kyk na hom;

die meeste van hulle

herkouend, pompend aan ma’s

se buike, snuiwend

aan verse – maar hulle kyk

na hom.

.

Hy versit sy voete,

lig sy kop

en bulk

die geskal

wat die wolke laat wegrol,

die lug laat oopgaan

soos ’n pas deur ’n kloof;

in daardie hoë donkerte

draai klein spirale

van sterrestelsels, borrels

op die vlei se syferwater.

.

Êrens in die trop

loei ’n koei.

’n Kalfie steun

’n geluidjie uit.

.

Die bul draai sy horings

van oos tot wes

na noord tot suid.

.

Die trop begin weer wei,

die bul ook,

hy het vandag ingewy.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s